
Slang! Leer meer oor adders en slangbytbehandeling
Fassssssssinerende werkswinkel met topkenner Tim Vorster by Taalmonument
Slange is oral, maar meeste is glad nie gevaarlik nie en speel ’n onmisbare rol in die natuur se fyn balans. Tog is dit slim om voorbereid te wees, en daarom nooi die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) jou na ’n opwindende werkswinkel op SATERDAG, 1 NOVEMBER 2025, waar die ervare slangfundi Tim Vorster sy kennis en geheime met jou deel.
Ontdek en verstaan:
- Hoe om slange korrek te identifiseer
- Wat om te doen as iemand gebyt word
- Hoe om hierdie interessante reptiele veilig te hanteer
Vorster deel praktiese raad uit sy jarelange ervaring, gesteun deur die African Snakebite Institute (ASI) wat in 2012 deur die legendariese Johan Marais gestig is. ASI is nie sommer enige instelling nie — hulle is geakkrediteer deur die Internasionale Vereniging van Dierkundige Wetenskappe (ISZS) én die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPSCA).
🗓️ Datum: Saterdag, 1 November 2025
⏰ Tyd: 09:00 – 10:00
📍 Plek: Paarlberg, Afrikaanse Taalmonument
💸 Koste: Slegs R240 per persoon, INSLUITEND ’n besoek aan die monument
👉 Wat om saam te bring: langbroek, toe skoene en ’n hoed — veiligheid eerste!
Moenie hierdie kans laat verbyseil nie — wees skerp, voorbereid en slangbewus deur nou jou plek te bespreek. Stuur ’n e-pos na kommunikasie@taalmuseum.co.za of WhatsApp ‘Slang’ na 076 017 6026 waarna jy ’n vinnige aanlynvorm voltooi.
Vir inligting oor al die opwindende geleenthede, konserte en kursusse by die Taalmonument en Taalmuseum, skakel 021 872 3441/863 0543, besoek taalmuseum.co.za, teken in op die nuusbrief of volg hulle op Facebook/Instagram en die WA-kanaal. Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in ses tale oor die simboliek van die Taalmonument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Daar is voorts heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte. Jaarpermitte kos slegs R120 vir individue of R220 per gesin, wat toegang tot alle Volmaanpieknieks insluit.



