Artikels

’n Verskeidenheid artikels en akademiese werke wat spesifiek met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument verband hou. Laat ons gerus weet as daar nog is wat ons kan lys. Vir meer artikels oor Afrikaans en veeltaligheid in die algemeen, klik op die volledige lys regs. 

Wat vier oom Daantjie daar? & 'n Taak groter as 'n taal

15 November 2025, taalmuseum.co.za
Dit was ’n aand van glans, dans en Afrikaans toe meer as 200 gaste verskeie glasies op die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se 50ste galabal by die Paarl geklink het. Lees Jean Meiring, voormalige ATM-raadsvoorsitter, se voorrede en Gayton McKenzie, minister van sport, kuns en kultuur, se feesrede hier.

PDF

Profiel | Afrikaans die anker in Michael Jonas se lewe

17 Oktober 2025, maroelamedia.co.za
“Ek het op ʼn vroeë ouderdom al besef watter rol taal in mense se lewens kan speel en hoe belangrik dit as deel van jou lewende erfenis is,” sê Michael Jonas, direkteur van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM).

PDF

'n Monument vir 'n taal se toekoms

10 Oktober 2025, netwerk24.com
Die Afrikaanse Taalmonument is vandag, 10 Oktober 2025, presies 50 jaar gelede in 1975 met prag en praal in die Paarl ingewy. Van ‘n soms omstrede aanloop tot die geboorte het dié unieke kulturele baken die afgelope vyf dekades gegroei om die sprekers te versoen en ‘n positiewe beeld van Afrikaans uit te straal.

PDF

Alexander-pryse 2025: Taalmonument vereer Naudé, Bezuidenhout en David

20 September 2025, taalmonument.co.za
’n Rymkletser, kuberdigter en meester van boekefeeste is vanjaar se waardige wenners van die ATM se sesde Neville Alexander-prestige-eerbewyse ter bevordering van Afrikaans. Lees die volledige gedenklesing van Cliffordene Norton asook die commendatio’s deur op die PDF te klik.

PDF

Dra die fakkel van Afrikaans in dankbaarheid die toekoms in

16  Augustus 2025, netwerk24.com
Om Afrikaans met liefde en trots te gebruik is uiteindelik ‘n daad van selfrespek en selfwaarde, skryf Willem Jordaan.

Monument: van metafoor tot mond

11  Augustus 2025, maroelamedia.co.za
Die Taalmonument is ʼn indrukwekkende metafoor vir die ryke verskeidenheid mense wat die taal gegiet het en aanhou vorm. Maar ander monumente van Afrikaans lê in ons monde en op onsigbare plekke, skryf Marlie Coetzee. [Hierdie artikel is deel van ’n reeks ter viering van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se 50ste bestaansjaar.]

PDF

Madrassas, weerstand én Afrikaans

4  Augustus 2025, litnet.co.za
Afrikaans is ’n pragtaal van vele kleure, tonge, verhale … én stiltes, so skryf Shamiega Chaudhari, nasionale aanbieder van Arabiese Afrikaans-slypskole. Tot onlangs was een van dié stiltes die taalkundige vernuf van Kaapse Moslems, hul ontwikkeling van ’n unieke Afrikaanse alfabet, asook die madrassastelsel wat sy self beleef het. [Hierdie artikel is deel van ’n reeks ter viering van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se 50ste bestaansjaar.]

PDF

Inauguration strife at Afrikaans Language Monument

By Steward van Wyk – 1 August 2025, Cape Times
Involvement of brown people and other population groups source of great division. [This article is part of a series celebrating the 50th anniversary of the Afrikaans Language Museum and Monument.]

PDF

Madrasahs, resistance, and the creation and preservation of Arabic Afrikaans

By Shamiega Chaudhari – 17 July 2025, dailymaverick.co.za
Afrikaans is a beautiful language of many colours, tongues, stories… and silences. Until recently, one of these silences was the linguistic ingenuity of Cape Muslims, their development of a unique Afrikaans alphabet, as well as the madrasah system. [This article is part of a series celebrating the 50th anniversary of the Afrikaans Language Museum and Monument.]

PDF

Prof: ’n Groot makietie vir Afrikaans – maar waar was die bruin mense?

29 Junie 2025, netwerk24.com (Rapport)
In die aanloop tot die opening van die Afrikaanse Taalmonument in 1975 was die gort gaar in die groter Afrikaanse gemeenskap oor die inklusiwiteit of eksklusiwiteit van die monument se simboliek, die inwydingseremonie en die taal self. ’n Halfeeu later delf prof Steward van Wyk in die argiewe om ‘n lig op die verwonding te skyn, ’n seer wat steeds net deels geheel is.  [Hierdie artikel is deel van ’n reeks ter viering van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se 50ste bestaansjaar.]

PDF

Nog 100 jaar vir Afrikaans in Afrika

11 Junie 2025, maroelamedia.co.za
Hierdie is ʼn verwerking en uittreksel van die Afrikaans 100-gedenkesing gelewer deur prof. Debra Meyer by die Taalmonument op 8 Mei 2025. Prof. Meyer het in die lesing se voorwoord verduidelik dat dit ‘n verjaarsdagboodskap vir ‘n lewende taal, eerder as ‘n lesing ter nagedagtenis van ‘n afgestorwe taal is.

PDF

Die revolusie van kletsrym: van smousmond tot woordsmous

3 & 7 Junie 2025, netwerk24.com (Die Burger)
Afrikaanse kletsrym is vandag so algemeen met miljoene aflaaie op stromingsdienste, kompetisies en werkswinkels by die Taalmonument dat die eerste note daarvan soms vergete raak. Frazer Barry plaas die kollig op Kaapse handelaars wat nie net met vrugte en groente gesmous het nie, maar die musieksade help plant het. [Hierdie artikel is deel van ’n reeks ter viering van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se 50ste bestaansjaar.]

PDF

The Evolution of the Rap Revolution: From Peddler's Mouth to Wordsmith, The (fruit and veg) roots of Afrikaans rap

22 May 2025, news24.com
Afrikaans rap is so common today, with millions of downloads on streaming services, competitions and workshops at the Taal Monument, that its first notes are sometimes forgotten. Rap expert and performer Frazer Barry shines a spotlight on Cape traders who not only peddled fruit and vegetables, but also helped plant this music’s seeds. [This article is part of a series celebrating the 50th anniversary of the Afrikaans Language Museum and Monument.] 

PDF

Afrikaans is a kraal with many huts… and some village idiots

By Bettina Wyngaard – 22 April 2025, dailymaverick.co.za
It is not the village idiots who are going to take Afrikaans off life support and bring it back to life. It is the flower seller in Adderley Street, the street sweeper in Kariega, and the cattle farmer in the Free State who is reaching out and helping to build. [This article is part of a series celebrating the 50th anniversary of the Afrikaans Language Museum and Monument.] 

PDF

Een kraal, ’n paar hutte en hopeloos te veel dorpsidiote

26 Februarie 2025, vryeweekblad.com
Afrikaans is nie ’n Nederlandse gewelhuis met baie kamers nie; dis ’n kraal met ’n klomp hutte, meen die skrywer-aktivis BETTINA WYNGAARD. [Hierdie artikel is deel van ’n reeks ter viering van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se 50ste bestaansjaar.]

PDF

Programrede: In 2025 word die Afrikaanse Taalmonument 50

30 November 2024, litnet.co.za
Jean Meiring, raadsvoorsitter van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), het die programrede gelewer by die ATM se bekendstelling van dié instelling se feesprogram vir 2025 – wanneer beide entiteite 50 jaar vier.

PDF

‘Polities korrekte’ stellings oor Afrikaans krap

Deur Tom McLachlan – 3 Februarie 2024, netwerk24.com
Daar word deesdae dikwels op kwalik bedekte wyse daarop gesinspeel dat Standaardafrikaans ‘n paaiboelie is wat ander variëteite verdruk en mense ontmagtig. Dit is natuurlik onsin.

Afrikaans: Waarheen met Die Taal?

Deur Sybrandus Adema – 20 Januarie 2024, netwerk24.com
Hoewel Afrikaans aan die een kant toenemend weens regeringsdruk op verskeie maniere ‘geprivatiseer’ word, poog meeste kultuurorganisasies juis om dit te ‘nasionaliseer’ deur gesprekke, navorsing en vermaak. Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) het onlangs ’n stappie verder gegaan om die taal te help internasionaliseer deur met rolspelers in die Europese Lae Lande te vergader.

PDF

Taalbeplanning en taalherlewing in Afrikaans

Die laaste geografies omvattende kulturele viering van Afrikaans: Die fakkelloop tydens die Taaljaar 1975

Deur Jannie Rossouw – scielo.org.za, Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Junie 2023

Hierdie artikel fokus op die fakkelloop met “taalfakkels” wat op 10 Oktober 1975 by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl geëindig het om saam te val met die inwyding van die Monument. Die fakkelloop het deel uitgemaak van die Afrikaanse taalfeeste in 1975, ‘n jaar wat deur die Suid-Afrikaanse regering tot Taaljaar verklaar is. 

PDF

ATM se Neville Alexander-erelesing: Internasionale dekade van inheemse tale 2022-2032

Deur Hein Willemse – 15 Oktober 2022, Paarl
Na raming is daar sowat 6 000 gesproke tale in die wêreld, waarvan net meer as 100 ortografieë het. En die getalle neem drasties af. Daar word beraam dat binne die volgende tagtig jaar ten minste 50% van die huidige gesproke tale in die wêreld uit sal sterf…
Die anglosentrisme van die ekonomiese elite het verdiep en weinig is gedoen om Afrikatale stelselmatig te bevorder.

PDF

Review vannie Arabies-Afrikaans Workshop met die Afrikaanse Taalmuseum

Deur Tasneem Daniels – 19 Augustus 2022, litnet.co.za
Ommie Arabies-Afrikaans workshop by die Afrikaanse Taalmuseum te attend was omtrent ’n adventure. Die history van Arabies-Afrikaans is vi my as ’n millennial nog altyd new en novel, en ek is baie happy om my niewe knowledge van hierie taal met my Malay Kaaps by te sit.

PDF

Herontdek ’n gedepolitiseerde Afrikaan(s)

22 Julie 2022, vryeweekblad.com
Daar’s goeie nuus, minder goeie nuus … en baie om te dala. Só skryf SYBRANDUS ADEMA, die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se kommunikasiebeampte, ná die geharwar oor ’n moontlike naamsverandering vir die instelling.

PDF

Taalmonument of Toring van Babel?

18 Junie 2022, netwerk24.com
Te midde van onlangse vrese dat die Afrikaanse Taalmonument ‘n naamsverandering moet ondergaan, het MC Botha ‘n bietjie in die geskiedenis van Afrikaans en die monument gaan rondkrap.

Taalmonument: ‘Openbare reaksie’ noop minister om aftog te blaas oor naam

Deur Gert van der Westhuizen – 16 Junie 2022, netwerk24.com
Die minister het danksy openbare druk en Afrikaanse organisasies se gesamentlike weerstand teen die naamsverandering van die Afrikaanse Taalmonument en -museum in die Paarl die aftog geblaas.

Nathi se lawwigheid oor die ATM is dodelike ideologiese erns

7 Junie 2022, netwerk24.com
Die Afrikaanse Taalmonument is nie meer ‘n simbool van apartheid nie. Dit staan vir versoening en inklusiwiteit. En dit mág nie ‘n niksseggende simbool van die ANC se rassetransformasie word nie, skryf  Theuns Eloff.

Hoe gedenk ‘n mens ‘n taal?

Deur Anton van Niekerk – 7 Junie 2022, netwerk24.com
Die poppe het die afgelope twee weke gedans oor die idee dat ‘Afrikaans’ verwyder behoort te word uit die naam van die Taalmonument. Dit sou, soos iemand tereg aangedui het, analogies daaraan wees om die begrip “tafel” uit Tafelberg te haal.

‘Die Engelse het ons eerste taalmonument afgebreek’

6 Junie 2022, netwerk24.com
Ons het reeds ‘n taalmonument, een wat al in 1893 opgerig is, deur die Engelse afgebreek is, maar weer staangemaak is, skryf Willem Fransman.

Die monument wat Jan gemaak het

5 Junie 2022, netwerk24.com (Rapport)
Jan van Wijk was dalk die argitek van die Taalmonument, maar sy vrou, Erna, had ook ‘n aandeel, skryf Gustaf Pienaar.

Afrikaans Language Museum and Monument can unite SA

By Jean Meiring and Michael Jonas – 2 June 2022, iol.co.za (Cape Times)
The Afrikaans Language Museum and Monument (ATM) has lived for longer in a democratic South Africa than it did under apartheid. Although it has for many years been wholly different to its early youth, ignorance about and misunderstandings over the ATM abound, even among some of its supporters.

PDF

The Afrikaans language monument and museum are not just about protecting Afrikaans

2 June 2022, news24.com
ATM director Michael Jonas and council chair Jean Meiring write that the bad old days when the Afrikaans Language Museum and Monument (ATM) was associated with Afrikaner nationalism are long gone and that the institution has for several decades been on the path of exploring all the richness of Afrikaans, an indigenous language that through a process of creolisation emerged on African soil.

PDF

Hein Willemse: Afrikaans dán in tamatiestraat

1 Junie 2022, netwerk24.com
Danksy Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, het die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) die afgelope twee weke meer aandag gekry as die voorafgaande drie dekades. Die ATM is klaarblyklik onlangs spesifiek uitgewys om ‘n naamsverandering te ondergaan ter wille van transformasie.

Afrikaans se plek in huidige Suid-Afrika

Deur Leopold Scholtz – 1 Junie 2022, maroelamedia.co.za
ʼn Heftige debat woed tans in Suid-Afrika oor wat in die volksmond die pragtige naam “Taalpaal” gekry het – die Afrikaanse Taalmonument (ATM). Dit na aanleiding van die standpunt van die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, dat die “Afrikaans” in die naam van die ATM moet verdwyn om dit meer inklusief te maak

PDF

Die Taalmonument: ’n simbool van die stryd tussen politici en skrywers

Deur Kerneels Breytenbach – 31 Mei 2022, litnet.co.za
Die persoon wat waarskynlik die meeste kan leer uit die geskiedenis van die Afrikaanse Taalmonument, is die man wat wil hê dat die naam daarvan verander moet word – minister Nathi Mthethwa, hy van die Departement van Sport, Kuns en Kultuur. Die monument is simbool van baie dinge – maar veral van die stryd en spanning tussen skrywers en politici.

PDF

Wit en bruin staan saam oor Afrikaans by ATM

Deur Jean Oosthuizen – 29 Mei 2022, litnet.co.za
As die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, een ding reggekry het met sy voorneme om die woord “Afrikaanse” moontlik uit die Afrikaanse Taalmonument- en museum (ATM) se naam te probeer verwyder, dan was dit om Afrikaanssprekende mense van uiteenlopende oortuigings en agtergronde saam te snoer oor hul taal soos selde tevore.

PDF

Kom ons praat oor Afrikaans

Deur Wannie Carstens – 28 Mei 2022, netwerk24.com
Is dit nie weer tyd vir die Groot Afrikaanse Gesprek nie? Daardie gesprek waar alle rolspelers oor Afrikaaans byeenkom en met ‘n oop agenda praat.

ATM luister na mense oor moontlike naamverandering

Deur Malherbe Nienaber – 28 Mei 2022, netwerk24.com
Raadslede van die Afrikaanse Taalmuseum- en Monument (ATM) het Saterdag geluister na die insette van die publiek op ‘n openbare vergadering in die Paarl ná onlangse sprake van ‘n moontlike naamverandering.

DA protests over plan to remove Afrikaans from Taal Monument’s name

By Lisalee Solomons – 28 May 2022, news24.com
The DA took to the streets of Paarl in the Western Cape early Saturday morning to protest the decision to remove the word Afrikaans from the Taal Monument’s name.

PDF

Afrikaanses sê aikôna vir Mthethwa

Deur Suné van Heerden – 28 Mei 2022, maroelamedia.com
ʼn Groot groep Afrikaanssprekendes het Saterdagoggend in die Paarl in die Wes-Kaap ʼn spreekbeurt gekry voor die Raad van die Afrikaanse Taalmuseum en -Monument (ATM) oor die voorstel dat die naam van die monument moet verander.

PDF

Die Suid-Afrikaanse Inheemse Talemonument (of so iets)

27 Mei 2022, vryeweekblad.com
Hoe ironies sal dit nie wees as dit juis Afrikaans en ’n omstrede monument is wat die pad na werklike begrip, kulturele versoening, rasseharmonie en omarming van diversiteit in Suid-Afrika baan nie? Nathi Mthethwa het ’n reuse-geleentheid vir ’n grootse gebaar in Afrikaanssprekendes se skoot laat val, skryf  Neil Sandilands.

PDF

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument toring uit in pogings tot nasiebou

26 Mei 2022, netwerk24.com
Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl is tans onder die loep weens ’n ministeriële opdrag dat die instelling se naam verander moet word. Direkteur  Michael Jonas en raadsvoorsitter Jean Meiring gee hier ’n oorsig oor die ATM se volgehoue inklusiewe pogings om alle variëteite van Afrikaans asook veeltaligheid, nasiebou en maatskaplike samehorigheid te bevorder.

PDF

Oor die Afrikaanse Taalmonument se voorgestelde naamsverandering: Danie van Wyk se mening

22 Mei 2022, litnet.co.za
Die jaar 1975 is deur die destydse apartheidsregering verklaar as ’n jaar om die tale in Suid-Afrika te vier, maar die fokus was slegs op Afrikaans. 14 Augustus 1975 is as ’n openbare vakansiedag verklaar om die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners 100 jaar tevore te gedenk en te herdenk.

PDF

The Afrikaans language monument and museum uses Afrikaans, in all its forms, to advance social cohesion

May 2022, taalmuseum.co.za
Director Michael Jonas and council chair Jean Meiring say that the bad old days when the ATM was fairly associated with Afrikaner nationalism are long gone and that the ATM has for several decades already steadily been on the path of exploring in its varied and imaginative programme all the richness of Afrikaans, an indigenous language that through a process of creolization emerged on African soil out of Dutch’s interactions with all the many languages that were used here from the sixteenth century.

PDF

‘Mens hou die hart vas vir SA bevolking’ – Breyten Breytenbach oor Taalmonument

20 Mei 2022, netwerk24.com
Mens hou die hart vas vir die Suid-Afrikaanse bevolking (ek sê met opset nié ‘nasie’ nie, want daar is nie so iets nie; slegs verskillende bevolkingsgroepe wat teen mekaar afgespeel word) in ‘n land wat sienderoë geplunder word deur aasdiere aan bewind (met ‘n winderigheid vir Afrika en geen substansie) wie se mag berus op die uitbuiting van die armstes, haat en vrees en hebsug en ‘n diepe selfveragting soos ‘n verstopte riool.

Taalmonument huldig dié wat deur geskiedenis te lig bevind is

13 Oktober 2021, netwerk24.com
Die inwyding van die Afrikaanse Taalmonument op 10 Oktober 1975 was ‘n kans om die geskiedenis vierkant in die oë te kyk, skryf direkteur Michael Jonas en kurator Chantelle de Kock. Vanjaar word die bouers en die onbesonge helde se bydraes erken as deel van ‘n rondreisende uitstalling.

Die kartering van Gariepafrikaans

Maart 2021, taalmuseum.co.za 
As deel van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se missie om versweë geskiedenisse van die taal te belig is jarelange navorsing in die Noord-Kaap gedoen om Gariepafrikaans te karteer en volksverhale op te skryf. Taalkenner Hendrik Theys het die taalkundige aspekte van Gariepafrikaans ontleed wat voorkom in opnames gemaak deur amptenare verbonde aan die ATM. Die skrywer gebruik die term Gariepafrikaans eerder as Oranjerivierafrikaans om die inheemse wortels van hierdie variëteit van Afrikaans te beklemtoon, veral omdat die Oranjerivier voor kolonisasie as die kai !Gariep bekend gestaan het.

PDF

Museumdag 2020 plaas fokus op Taalmuseum se relevansie

14 Mei 2020, litnet.co.za
Die internasionale museumraad (ICOM) vier sedert 1977 Internasionale Museumdag waardeur museums regoor die wêreld op of rondom 18 Mei die geleentheid gebruik om op skeppende wyses en deur spesiale aktiwiteite uiting te gee aan ’n bepaalde tema. Vanjaar se tema is “Museums vir gelykheid: Diversiteit en inklusiwiteit”, wat weer die kollig plaas op die werklike doelstellings van museums, skryf Michael Jonas, direkteur van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM).

PDF

‘Taalmonument moet monument vir demokrasie word’

7 Februarie 2020, netwerk24.com
Die Taalmonument is vanjaar 45 jaar oud. Michael le Cordeur skryf hoe dié museum en monument daarin geslaag het om sy beeld te verander van ‘n plek vir slegs wit mense na ‘n inklusiewe ruimte waar almal wat in hul harte en niere Afrikaans is, welkom voel.

Oertaal tot toekomstaal: Afrikaans se komvandaan staan soos ’n paal bo water

22 November 2019, vryeweekblad.com
In dieselfde jaar (1991) wat MICHAEL JONAS en SYBRANDUS ADEMA mekaar in ’n Stellenbosse Afrikaans-Nederlands-klas raakgestudeer het, het Max du Preez besoek afgelê by die Afrikaanse Taalmonument op Paarlberg. Intussen het die VWB “gesterf” en herleef, en het Michael en Sybrandus mekaar “verloor” en weer gevind – dié keer by die einste monument wat in 2020 45 jaar jonk is. Dié repliek op Max se skrywe is dalk laat, maar liewer laat as nooit.

PDF

Taaltwiste: van toeka tot 2020

22 November 2019, vryeweekblad.com
Die lewe van die Afrikaanse Taalmonument sou nooit maklik wees nie: van konsepsie in 1942 tot geboorte in 1975 tot storm-en-drang-tienerskap tussen 1990 en 1994, en eindelik middeljarigheid in 2020, moes sy ’n swaar las dra. ’n Las wat ligter raak, reken MICHAEL JONAS en SYBRANDUS ADEMA, wat ’n paar taalswaeltjies op die horison gewaar.

PDF

Afrikaans Language Monument: A Contested Monument for a Contested Language

By Annemarie van Zyl – 23 October 2019, link.springer.com
Afrikaans is still viewed by many as the language of the oppressor, owing to its connection to the apartheid government, rendering the monument a hotly contested site. This chapter poses the question of whether the changed sociocultural climate in the country – from the apartheid government in the 1970s to a democratically elected government today – has affected the attitude of the broad South African public toward the monument and if so, what those changed attitudes translate to in terms of the viability of the institution as a tourism destination and a national place of commemoration.

Interview with Sybrandus Adema of Afrikaans Taal Monument

By Rob Glass – April 2019, languagemuseum.org
There are many people, places, and more that have monuments and statues dedicated to them. But did you know that the Afrikaans language of South Africa has its own monument? And how exactly does one dedicate a physical monument to an abstract concept?

PDF

Hoe ’n tweede huis eindelik ’n tuiste vir almal geword het

Junie 2018, taalmuseum.co.za
Minder as vyf jaar nadat die ATM ingewy is, het Megan Ruiters in 1980 as skoonmaker aangesluit waar sy later bevorder is tot assistent-opvoedkundige, toergids en ontvangsdame. Haar 38 jaar daar beteken sy was die langsdienende personeellid tot hede. Kollega Verinque Daniëls het met haar gesels – oor Afrikaans, kollegas, apartheid, vryheid en ’n troue! 

PDF

The Taal Monument can be a symbol of hope, nation building and social cohesion

26 September 2018, dailymaverick.co.za
The Taal Monument – Taalmonument in Afrikaans – was partially born in apartheid sin, but it does not mean that the baby should be thrown out with the bathwater. The monument, which in 2020 will celebrate its 45th year, is not just a beacon of hope for a liberated Afrikaans, but for all African languages, writes the director, Michael Jonas. “My first real acquaintance with the wonders of Afrikaans and the educational value of the language was around standard 5 (Grade 7) thanks to DJ Opperman’s Groot Verseboek (a definitive collection of Afrikaans poetry). This masterpiece with its blue cover made its way into the Jonas household in a Stellenbosch suburb as a book prize that my older brother, Johnny, received as a top achiever in Afrikaans in his matric year. His love for and studies in languages at the University of the Western Cape as well as his anti-apartheid activism, also IN Afrikaans, in the 1980s left lasting impressions on my formative years.”

PDF

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument: ’n simbool van hoop, nasiebou en maatskaplike samehorigheid

31 Julie 2018, litnet.co.za
In 2020 vier die ikoniese Taalmonument by die Paarl sy 45ste jaar. In die aanloop daarna toe neem Michael Jonas, die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se direkteur van die afgelope twee jaar, bestek van die verlede en deel sy visie oor die monument op Paarlberg, die museum in Paarl asook Afrikaans. Hy belig ook die belang van linguistiese diversiteit en waarom die ATM nie net ’n baken van hoop vir Afrikaans is nie, maar vir álle Afrikatale. “My eerste werklike kennismaking met die wonders van Afrikaans en die taal se opvoedkundige waarde was rondom standerd 5 (graad 7) danksy Groot verseboek onder redakteurskap van DJ Opperman. Hierdie meersterstuk met sy blou omslag het in die Jonas-huishouding in ’n Stellenbosch-woonbuurt beland as ’n boekprys wat my ouer broer, Johnny, as toppresteerder in Afrikaans in sy matriekjaar ontvang het. Sy liefde vir en studies in tale aan die Universiteit van Wes-Kaapland, asook sy anti-apartheid aktivisme, ook ín Afrikaans, in die 1980’s het blywende indrukke op my in my vormingsjare gelaat.”

PDF

’n Monument vir Afrikaans

1 April 2018, translators.org.za
Die Afrikaanse Taalmonument pryk op die voorblad van die jongste uitgawe van ‘Muratho’, die joernaal van die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut (SAVI). Die uitgawe is grootliks gewy aan Afrikaans se ontstaan, literêre kwessies, die taalmonument en -museum asook die groei van die Afrikaanse media.
PDF

‘Language museums of the world’: book covers 31 countries, including South Africa

By Ottar Grepstad – March 2018
It is often stated that the Afrikaanse Taalmuseum en -monument is the only monument dedicated to a language or to Afrikaans. Not so. Although the monument is quite unique and iconic, there are other, smaller Afrikaans language monuments in South Africa and at least 80 (digital) language museums worldwide, with more planned. Two out of three of all the languages in the world are used in Africa or Asia. In this book, however, two out of three language museums are situated in Europe. That indicates differences in the institutional development of societies, but also some of the difficulties connected to such documentation.  ‘Language museums of the world’ describes the Afrikaans Taalmonument as well as exciting projects for new museums in countries such as China, Korea, Israel and England, and includes information about a variety of language festivals and so forth.

PDF

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl: 40 jaar later

Deur Annemarie van Zyl en Jannie Rossouw – Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 56 No. 2-1: Junie 2016
In hierdie artikel word die rol en waarde van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl geëvalueer in die lig van die veertigste herdenking van die inwyding van die Monument. Die Monument het vanaf die eerste oomblik wat die idee posgevat het, gelei tot kritiek en tweespalt. Hierdie artikel ondersoek elke tipe kritiek wat destyds teen die Monument uitgespreek is, naamlik die wenslikheid, ligging, voorkoms, aard of funksie, simboliek en ideologie, en evalueer terugskouend die geldigheid daarvan al dan nie.

PDF

Monumentalising language : visitor experience and meaning making at the Afrikaanse Taalmonument

By Stephen John Smith – scu.edu.au, Southern Cross University, 2013
The overarching aim of the thesis has been to investigate the ways in which a feature of intangible cultural heritage, in this case, language, can be made into material form through the process of ‘monumentalisation’ and how it then plays a role as a visitor attraction. The thesis reveals the relationship which exists between attraction and visitor.
PDF

Reshaping Remembrance – Language Monuments

By Siegfried Huigen in ‘Reshaping Remembrance – Critical Essays On Afrikaans Places Of Memory’ – 2011, rozenbergquarterly.com
The year 1975 was declared Language Year by the South African government, and 14 August was declared a public holiday in celebration of the centennial of the Genootskap van Regte Afrikaners (Society of Real Afrikaners) so that ‘people all over the country can celebrate the birthday of Afrikaans’. On that day, the festivities commenced at the Voortrekker Monument in Pretoria. In memory of the eight founding members of the Genootskap van Regte Afrikaners, eight ‘language torches’ departed from the Voortrekker Monument to all corners of the Republic and to South West Africa (Namibia). In the following months, Afrikaans newspapers regularly covered the ‘Miracle of Afrikaans’, reporting on local festivities and publishing articles on the history of the Genootskap.

PDF

A SOUTH AFRICAN POET ON HIS IMPRISONMENT

By Donald Woods – 1  May 1983, nytimes.com
The result was a second trial under the Terrorism Act in June 1977, when Mr. Breyten Breytenbach was formally accused of planning an escape, recruiting a warder for such a purpose, illegally sending letters from prison and plotting to blow up targets such as the Afrikaans Language Monument in Paarl.

PDF