Besoekersinligting
Taalmonument
Besoekersinligting
Taalmonument
- Verjaar jy? Toon jou geldige SA ID vir gratis toegang!
- As jy die museum in die Paarl en die monument op Paarlberg op dieselfde dag besoek, kry jy ’n R10-afslag vir die tweede besoek. Hou jou kwitansies as bewys.
- Gratis vir Drakenstein-inwoners met geldige biblioteekkaartjies op die volgende gedenkdae: Internasionale Moedertaaldag 21 Feb, Menseregtedag 21 Mrt, Internasionale Dag vir Monumente en Terreine 18 Apr, Vryheidsdag 27 Apr, Werkersdag 1 Mei, Internasionale Museumdag 18 Mei, Afrikadag 25 Mei, Jeugdag 16 Jun, Vrouedag 9 Aug, Taaldag 14 Aug, Erfenisdag 24 Sep en Taalmonument se verjaarsdag 10 Okt.
Waardeer die fassinerende simboliek beter
- Gratis, begeleide tweetalige toere op weeksdae; naweke en vakansiedae slegs as vooraf bespreek by ontvangs@taalmuseum.co.za vir ’n minimum van 20 persone.
- Gratis inligtingsbrosjures in 22 tale en oudiotoere in Afrikaans, Xhosa, Engels, Frans, Nederlands en Duits beskikbaar. Daar is ook ’n braille-weergawe.
OPENINGSTYE: TAALMONUMENT & BISTRO
Daagliks oop, behalwe op Kersfees (25 Desember) en Nuwejaarsdag (1 Januarie).
1 April tot 31 Oktober: 08:00–17:00
1 November tot 31 Maart: 08:00–20:00
* Laaste toegang is 30 minute voor toemaaktyd. Besoekersentrum sluit altyd 16:45 en bistro gewoonlik 15 minute voor toemaaktyd.
TOEGANGSFOOIE - geldig tot 31 Maart 2025
Kaart verkies; kontant aanvaar.
VOLWASSENES
R40 (R10 vir Drakenstein-inwoners met geldige biblioteekkaartjies)
SA STUDENTE/PENSIOENARISSE
R10 met geldige bewys
KINDERS ONDER 18
R10 (gratis onder ses jaar)
SKOOLGROEPE
R10 per leerder, gratis toegang vir 2 opvoeders en busbestuurder per groep. Bespreek vooraf by opvoeding@taalmuseum.co.za vir opvoedkundige programme.
TOERGROEPE
Gewone toegangsfooi per persoon, maar toeroperateurtarief en STO onderhandelbaar. Doen hiervoor vroegtydig aansoek by ontvangs@taalmuseum.co.za. Gratis vir geregistreerde toergidse en busbestuurders.
PIEKNIEKGROEPE
Gewone toegangsfooi per persoon. Groepe van 20+ persone moet asseblief vooraf bespreek by ontvangs@taalmuseum.co.za.
BEKOSTIGBARE PERMITTE
BERGFIETSRYPERMIT: Gewone toegangsfooi per dag of jaarpermit van R220 per persoon. Laasgenoemde sluit onbeperkte toegang tot bergafbane, museum, monument, bistro, wandelpaaie en volmaanpieknieks in.
STAPPERMIT: Gewone toegangsfooi en R20-deposito vir sleutel.
SPESIALE GELEENTHEDE
VOLMAANPIEKNIEKS: Gewone toegangsfooi. Kaartjies by Quicket en monument beskikbaar of kan by hek gekoop word.
STERREKYKPIEKNIEKS: Volwassenes R50 en kinders R15. Kaartjies vooraf by Quicket en monument beskikbaar. Dit kan ook by hek gekoop word, maar VOORAF BESPREKING VIA kommunikasie@taalmuseum.co.za VEREIS sodat daar vir genoeg teleskope voorsiening gemaak word.
KONSERTE IN TUINTEATER/AMFITEATER: Pryse wissel, maar alle besoekers aan Tuinteater kan ook die monument gratis besoek.
LW: Die bistro word onafhanklik van die Taalmonument bedryf, dus geld die monument se normale toegangsfooie vir besoekers. Sien egter bogenoemde afslagpryse en jaarpermitte of kontak die bistro direk vir meer inligting. Vir navrae oor privaatfunksies by die bistro asook voorafbestelde piekniekmandjies, kontak hulle direk.
BESOEKERSENTRUM & KONFERENSIELOKAAL
Die sentrum huisves uitstallings, kantore en ’n lokaal wat beskikbaar is vir vergaderings, werkswinkels, lesings en opleidingsessies vir tot 50 mense. Koste is R45 per persoon (gratis toegang tot Monument en bistro ingesluit) met ’n minimumfooi van R600 in totaal. Bespreek vooraf.
KOMMERSIËLE FOTOGRAFIE EN VERFILMING (insluitend trou- en gesinsfotografie)
SA studente met geldige ID ontvang 75%-afslag op daaglikse tarief.
Kostes:
Kommersiële fotografie, per dag of deel van die dag: Mikro (1-2 voertuie, 1-5 mense) R1 800, Klein (3-5 voertuie, 6-15 mense) R5 400, Medium (6-15 voertuie, 16-30 mense) R10 800, Groot (16-30 voertuie, 31-60 mense) R12 960, Basiskamp 50% van daaglikse tarief, Opstel/afbreek 50% van daaglikse tarief.
Verfilming (kommersieel en rolprente), per dag of deel van die dag: Mikro (1-2 voertuie, 1-5 mense) R3 600, Klein (3-5 voertuie, 6-15 mense) R6 480, Medium (6-15 voertuie, 16-30 mense) R13 500, Groot (16-30 voertuie, 31-60 mense) R21 600, Ekstra groot (31-40 voertuie, 61-100 mense) R36 000, Basiskamp 50% van daaglikse tarief, Opstel/afbreek 50% van daaglikse tarief.
Bystandsfooi indien buite normale besigheidsure: R200 per uur.
Forex betalingsfooi: R250 per betaling ontvang.
Die Suikerkan - Bistro
* Helaas word geen piekniektroues of trouseremonies toegelaat nie.
VIRTUELE TOER
Klik en sleep jou muis in enige rigting om alles te sien. As jy met die muis sweef oor die skerm en ’n hand word vertoon, kan jy ook daarop klik om te spring na daardie posisie.