Aanwysings
Let wel: die museum en monument is op twee verskillende plekke – 7,5 km van mekaar – geleë.
Taalmonument op Paarlberg
Neem die Nommer 55 afrit vanaf die N1 na Hoofweg – Paarl. Bly op Hoofweg (rigting Paarl-sentraal) vir ongeveer 500 m en draai links in Flambeaustraat (die eerste straat links) op. Volg die bruin aanwysingsbordjies tot by Gabbema Doordriftstraat wat verby Laerskool Courtrai lei na die Taalmonument bo-op Paarlberg.
Adres: Gabbema Doordriftstraat, Paarlberg, Paarl
Taalmuseum in Pastorielaan
Neem die Nommer 55 afrit vanaf die N1 na Hoofweg – Paarl. Bly op Hoofweg (rigting Paarl-sentraal) vir ongeveer 4 km deur verskeie verkeersligte en kruisings totdat McDonald’s op die linkerkant gewaar word. Draai reg oorkant dit regs in Pastorielaan. Volg Pastorielaan vir ongeveer 200 m tot u die Taalmuseum aan u regterkant sien. Die Historium-konferensiesentrum is die gebou aan die linkerkant van die Taalmuseum.
Adres: Pastorielaan 11, Paarl