
Koorklanke vul die Taalmonument se Amfiteater
Elf skole laat hul stemme hoor tydens fees as deel van Vitaal Makietie

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se geliefde skoolkoorfees vind op VRYDAG 9 OKTOBER 2026 plaas wanneer die Amfiteater sal weergalm met die helder stemme van talentvolle koorsangers wat byeenkom om hul liefde vir musiek en koorsang te vier. Boonop vorm hierdie fees nou deel van die ATM se grootse Vitaal Makietie op 9 en 10 Oktober wat musiek, sport, spys en drank asook ’n algemene viering van dié inheemse taal beloof.
Die veeltalige koorfees bied aan skole en kore ’n unieke geleentheid om in ’n nie-mededingende atmosfeer hul liefde vir musiek te deel, nuwe kontakte op te bou en die vreugde van koorsang saam met hul families en belangstellendes te vier.
Vanjaar neem Klein Nederburg Sekondêre Skoolkoor, Hoërskool Brackenfell Meisieskoor, Laer Meisieskool La Rochelle Juniorkoor, Laer Meisieskool La Rochelle Seniorkoor, Laerskool Totius Seniorkoor, Laerskool Paulus Joubert Seniorkoor, Laerskool Drakenstein Juniorkoor, Laerskool Noord-Eind Seniorkoor, Paarl Meisies Primêre Skool Juniorkoor, Laerskool Paarl Gimnasium Skoolkoor en Lyrikos Gemeenskapskoor deel.
Die hekke open om 17:00 en die kooroptredes begin om 18:00. Kos- en drinkgoedstalletjies, asook veilige parkering, sal beskikbaar wees. Besoekers word aangeraai om warm klere saam te bring.
🎟️ + ℹ️ Toegang beloop R120 per volwassene en R80 per leerder. Kaartjies is beskikbaar op quicket.co.za of by die hek. Vir meer inligting, besoek taalmuseum.co.za/wat-gebeur of kontak Heinrich von Wielligh by kommunikasie@taalmuseum.co.za of 021 863 0543.
ℹ️ Volg Taalmonument en Taalmuseum se unieke geleenthede, konserte en kursusse via
WhatsApp Instagram Facebook Nuusbrief Taalmuseum.co.za/wat-gebeur
Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in talle tale oor die simboliek van die monument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Daar is voorts heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte.
👉 Jaarpermitte kos slegs R120 vir individue of R220 per gesin – sluit onbeperkte toegang tot die ATM, bistro, staproetes en Volmaanpieknieks in. Bel 021 863 0543.

