Onder die Walvismaan op Paarlberg

Onder die Walvismaan op Paarlberg

1750 1750 people viewed this event.

Gewilde somerpiekniekreeks is terug by Taalmonument!

Haal jou kombers uit, pak jou piekniekmandjie en kyk op na die maan! Want hierdie lente nooi die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) jou om die aand buite deur te bring tydens hul eerste Volmaanpiekniek van die seisoen op SATERDAG 24 OKTOBER 2026.

Dié gewilde pieknieks lok plaaslike inwoners en toeriste wat onvergeetlike aande ervaar danksy die asemrowende sonsondergang, maanopkoms, natuurskoon en panoramiese uitsig oor berge, valleie en Kaapse Skiereiland. Gaste is welkom om enige tyd tussen 17:00 en 22:00 te kom ontspan en piekniek hou terwyl hulle ook die monument – ’n unieke beeldhouwerk met ryk simboliek – van naderby besigtig. ’n Gratis begeleide toer wat die betekenis en ontwerp van die monument belig, begin om 18:30. Daarbenewens kan besoekers die uitstallings en omgewing verken, en kinders kan hulle gate uit geniet in die speelparke en met buitelug-speletjies.

Hierdie piekniek is gewy aan die Walvismaan, in samewerking met die Sentrum vir Astronomiese Erfenis se projek om inheemse volmaanname in Suider-Afrika bevorder. Dit verwys daarna dat walvisse juis hierdie tyd van die jaar die Suider-Afrikaanse kus besoek om te kalf. Bekende plekname soos Walvisbaai en uMngenga getuig van hierdie eeue oue band tussen mens, natuur en astronomie.

Gaste is welkom om hul eie spys en drank te bring (geen glas/vure, asseblief). Onthou ook warm klere en ’n flitslig om die aand voluit te geniet. Gratis, veilige parkering is beskikbaar. Die piekniekreeks ondersteun die ATM se geletterdheidsprojek ‘Laat ons Lees!’ wat daarop gemik is om kinders aan die vreugde van lees bloot te stel. Piekniekgangers word hartlik versoek om nuwe of tweedehandse kinderboeke te skenk.

🎟️ Kaartjies is beskikbaar by quicket.co.za of die hek; dit kos slegs:

  • R40 vir volwassenes
  • R10 vir SA studente, pensioenarisse en kinders 18 en jonger
  • GRATIS vir kinders onder 6 jaar asook jaarpermithouers

ℹ️ Meer oor die Sentrum vir Astronomiese Erfenis by cfah.org.za/fullmoon. Die volgende Volmaanpieknieks is op 27 November (Melk), 22 Januarie 2027 (Bidsprinkaanmaan), 20 Februarie (Dassiemaan) en 20 Maart (Oesmaan).

ℹ️ Volg Taalmonument en Taalmuseum se unieke geleenthede, konserte en kursusse via
WhatsApp          Instagram            Facebook            Nuusbrief           Taalmuseum.co.za/wat-gebeur
Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in talle tale oor die simboliek van die monument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Daar is voorts heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte.
👉 Jaarpermitte kos slegs R120 vir individue of R220 per gesin – sluit onbeperkte toegang tot die ATM, bistro, staproetes en Volmaanpieknieks in. Bel 021 863 0543.

To register for this event please visit the following URL: https://www.quicket.co.za/ →

 

Datum en tyd

2026-10-24 @ 05:00 NM to
2026-10-24 @ 10:00 NM

Deel met vriende