Merk 7 November 2026 in jou kalender

Merk 7 November 2026 in jou kalender

479 479 people viewed this event.

Trek jou dansskoene aan en vier 51 jaar met ons en Cool Sounds!

Op SATERDAG 7 NOVEMBER 2026 verander die PAARL-STADSAAL in ’n betowerende dansvloer waar elke ster ’n verhaal vertel…en almal is uitgenooi.
Kom vier dus ’n besondere mylpaal saam met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) en die Cool Sounds Band!

Geniet ’n elegante aand van viering, musiek en samesyn.

📅 7 November 2026
🕕 18:00
🎟 R200 per persoon | R2 000 per tafel van 10
🥂 Sluit ligte verversings in

Kaartjie is beskikbaar by Rodene Williams 021 863 0543 of admin@taalmuseum.co.za. Deure open om 18:00, orkes spring weg om 19:00 en – nes met verlede jaar se hoogs aangeprese dans – is besoekers welkom om hul eie kos en drank te bring. Die laaste dans is om 23:00. Vir meer besonderhede, kontak Gershwyn Fredericks op 021 863 0543 of opvoedkundige@taalmuseum.co.za.

  • ℹ️ Sien Taalmonument en Taalmuseum se unieke geleenthede, konserte en kursusse by
    WhatsApp          Instagram            Facebook            Nuusbrief           Taalmuseum.co.za/wat-gebeur
    Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in talle tale oor die simboliek van die monument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Daar is voorts heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte.
    👉 Jaarpermitte kos slegs R120 vir individue of R220 per gesin – sluit onbeperkte toegang tot die ATM, bistro, staproetes en Volmaanpieknieks in. Skakel 021 863 0543.

Om te registreer, epos jou besonderhede na kommunikasie@taalmuseum.co.za

Registreer met webpos: Gmail / AOL / Yahoo / Outlook

 

Datum en tyd

2026-11-07 @ 06:00 NM to
2026-11-07 @ 11:00 NM
 

Ligging

Deel met vriende