
Jeodhouse-energie lui nuwe jaar by Taalmonument in
Onvergeetlike somersaand met musiek en pieknieks wink

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) skop 2026 weer met ’n hoogtepunt af wanneer die gewilde Jazz-, R&B- en popsensasie Jeodhouse Band op SATERDAG 24 JANUARIE 2026 terugkeer na Paarlberg vir ’n somersaand vol musiek, herinneringe en asemrowende uitsigte.
Jeodhouse bestaan uit musikante wat bekend is vir hul energieke verhoogoptredes wat gehore maklik uit hul stoele kry en op die dansvloer (in hierdie geval ’n sagte grasvloer onder die bome) laat spring. Hulle meng moderne klanke met tydlose treffers, insluitend unieke Afrikaanse liedjies, wat by jong en oud aanklank vind.
Hekke open om 18:00, met genoeg tyd vir kinders om in die tuine en speelparke pret te hê terwyl gaste die terrein en die monument se betekenisvolle beeldhouwerk verken. Musiek begin om 19:00, waarna die dans, kuier en lekker saamwees in volle vaart voortduur tot 22:00.
Gaste kan piekniekmandjies en drankies bring (geen glas), maar daar sal ook kosstalletjies wees. Onthou komberse, warm klere en ’n flitslig; parkering is beskikbaar.
🎟️ quicket.co.za of hek – slegs R150 per persoon
ℹ️ Stefanie Rasztabiga on 021 863 0543 or kommunikasie@taalmuseum.co.za
facebook.com/thebandjeodhouse
ℹ️ Sien Taalmonument en Taalmuseum se unieke geleenthede, konserte en kursusse by
WhatsApp Instagram Facebook Nuusbrief Taalmuseum.co.za/wat-gebeur
Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in talle tale oor die simboliek van die monument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Daar is voorts heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte.
👉 Jaarpermitte kos slegs R120 vir individue of R220 per gesin – sluit onbeperkte toegang tot die ATM, bistro, staproetes en volmaanpieknieks in. Skakel 021 863 0543.


