Registrations have closed.
Bestyg ’n berg draf-draf of stap-stap vir goeie doel

Bestyg ’n berg draf-draf of stap-stap vir goeie doel

670 670 people viewed this event.
R50 - R200

Taalmonument nooi almal uit na ’n aand vol pret, pieknieks en positiewe energie

As jy lus is om jou tekkie-veters vas te maak vir iets wat regtig saak maak, maak dan WOENSDAG, 10 DESEMBER 2025, vas op jou kalender. Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), asook vennote Historium Trust en Paarl Atletiekklub, bied dan hul gewilde Aandwedloop en Pretloop op die pragtige Paarlberg aan – alles ten bate van die Drakenstein Palliatiewe Hospies.

Hierdie jaar beloof die byeenkoms weer hope geselligheid, asemrowende uitsigte, stalletjies en natuurlik ’n gesonde bietjie sweet. Deelnemers kan uitsien na derduisende rande se kontantpryse, medaljes, T-hemde, prettige uitdagings en ’n atmosfeer wat die hart warm gaan laat klop.

Die 10km-wedloop, wat ingevolge Atletiek Suid-Afrika en Boland Atletiek se reëls aangebied word, begin om 18:00 by die Taalmonument en volg ’n uitdagende, maar opwindende roete oor teer- en grondpaaie. Die 5km-woordloop begin om 18:15 by die Amfiteater en is perfek vir die hele gesin – stootwaentjies en stappers ingesluit. In plaas van ’n nommer skryf elke deelnemer met ’n prettige Afrikaanse woord in – ’n kreatiewe knipoog vir taal en geselligheid.

Daarná wink volop ontspanning: sprei jou kombers op die gras, pak jou piekniekmandjie uit (geen glas asseblief) of ondersteun die kosstalletjies, en geniet die sonsondergang, uitstallings, avontuurlike speelgrond en buitelugspeletjies onder die sterrehemel. Die beste deel? Toegang tot die monument is gratis, dus bring familie en vriende saam om hierdie ikoniese beeldhouwerk vir een van Afrika se jongste tale te verken.

So, trek aan jou tekkies, pak jou piekniekmandjie en kom wees deel van hierdie vrolike, gesonde aand vir ’n goeie saak.

  • SLEGS AANLYNINSKRYWINGS via topeventso.za TEEN 5 DESEMBER VIR BEIDE WEDLOPE aanvaar – geen inskrywings op dag self
  • 10km: R130-R200. Kry jou renkaart op 9 Desember vanaf 09:00 tot 20:00 by die Taalmonument of op 10 Desember vanaf 14:00 tot 17:00 by die Amfiteater. Navrae aan Lucky Mokwena op of 084 826 5895 of lmokwena1@icloud.com
  • 5km: R50. Kry jou renkaart/woord op 10 Desember vanaf 14:00 tot 17:00 by die Amfiteater. Navrae aan Stefanie Rasztabiga op 021 872 3441 of kommunikasie@taalmuseum.co.za
  • GRATIS TOEGANG tot monument vir deelnemers en ondersteuners

Meeste palliatiewe sorg in Suid-Afrika word deur privaat instellings aangebied. Drakenstein Palliatiewe Hospies is egter as ’n nie-regeringsorganisasie in 1991 deur ‘n klein groep vrywilligers gestig om hierdie kritieke gemeenskapsdiens te verrig. Hulle versorg gemiddeld 250 pasiënte met lewensbedreigende siektes in hul huise en bedien die hele Drakenstein-distrik van Saron tot Simondium, insluitend al die dorpe, landelike gebiede en informele nedersettings. Hul sorgspan verseker dat pasiënte en hul gesinne van die beste gehalte palliatiewe sorg voorsien word en met waardigheid sterf. Die doel is om pyn en lyding te bestuur deur middel van vroeë identifikasie en deeglike assessering, en om ondersteuning te bied op ’n fisieke, psigososiale en geestelike vlak. Meer inligting by drakensteinhospice.org.za of 021 872 4060.

ℹ️ Sien Taalmonument en Taalmuseum se unieke geleenthede, konserte en kursusse by
WhatsApp         Instagram          Facebook           Nuusbrief              Taalmuseum.co.za/wat-gebeur
Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in talle tale oor die simboliek van die monument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Daar is voorts heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte.
👉 Jaarpermitte kos slegs R120 vir individue of R220 per gesin – sluit onbeperkte toegang tot die ATM, bistro, staproetes en volmaanpieknieks in. Bel 021 863 0543.

Event registration closed.
 

Datum en tyd

2025-12-10 @ 06:00 NM to
2025-12-10 @ 08:00 NM
 

Registration End Date

2025-12-05
 

Deel met vriende