Language Resources

Here you will find many resources regarding the Afrikaans language that will help you to learn Afrikaans, expand your knowledge, and boost your language ability. You will also get to know some cultural organisations, as well as online options about Afrikaans.

Online resources about Afrikaans

 

Some Afrikaans culture organisations

 

Learn and improve Afrikaans in a jiffy

 

Afrikaans in cyberspace

 

  • Ons Klyntji is die eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, gestig in die jaar 1896. Dit herleef as zine in die 1990’s; die gedrukte Ons Klyntji zine verskyn steeds elke jaar. Klyntji.com bestaan van 2014 af. Klyntji is ’n onafhanklike webjoernaal wat fokus op diverse en progressiewe kuns en kultuur.
  • SKROP is die blad waar jy na hartelus kan skrop en rondpik vir vars resensies van boeke, flieks, teater, musiek ensovoorts.
  • Arabiese Afrikaans اَرَابيسي اَفْريكَانْسْ Arabic Afrikaans FB-groep – Study and discussion about, and in, the Afrikaans ajami, known as Arabic-Afrikaans (derived from Tulisan Jawi)
  • Die webwerf vir ernstige Afrikaanse gesprek, www.litnet.co.za, se slagspreuk is “Krities Afrikaans”. LitNet rig sigself op die meer ingeligte en gekwalifiseerde lesersmark in veral Suid-Afrika en stimuleer kritiese gesprek in hoofsaaklik Afrikaans, maar ook in Nederlands, en in ’n baie mindere mate in Engels en Xhosa.
  • Netwerk24 is ‘n Afrikaanse nuus- en vermaakwebwerf met aktuele dekking van politiek, ekonomie, misdaad, rugby, boeke, reis en leefstyl. Lees ook die weer in jou streek, die spotprente en die menings van rubriekskrywers.
  • Vrye Weekblad is ’n progressiewe digitale publikasie. Dit was ’n weeklikse anti-apartheid koerant van 1987 tot 1994, toe dit toegemaak het. Dit het in April 2019 herlewe as ’n internet-publikasie en word elke Vrydag uitgegee deur die Nuwe Vrye Weekblad Media Groep.
  • Maroela Media is ‘n gratis digitale mediahuis wat nuus en ‘n verskeidenheid ander inligting in Afrikaans publiseer.
  • De website Voertaal richt zich op alle mensen die Nederlands en Afrikaans spreken in Nederland, Vlaanderen, Zuid-Afrika, Suriname, de Antillen en de diaspora. De redactie wordt gevormd door onafhankelijke journalisten die niet gebonden zijn aan enigerlei politieke of religieuze beweging. Afrikaans, Nederlands gewoon voor iedereen.
  • Taalgenoot is die amptelike kwartaallikse kultuurtydskrif van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV). Dit bied soveel meer as die tradisionele nistydskrif: boeiende, interessante stories en artikels oor die Afrikaanse taal, kultuur en leefstyl, asook ‘n in-diepte kyk na die werk van die ATKV. Taalgenoot is vir jonk en oud; vir mense wat in Afrikaans leef, liefhet en werk.
  • Turksvy is ’n feministiese nuusbrief waarvan al die uitgawes in ’n digitale zine bymekaargesit is.
  • DEKAT Tydskrif is bekend vir uitsonderlike fotografie en ontwerp. Jy sal aktuele hoofartikels en leefstylartikels vind wat op kuns, kultuur, ontwerp, dekor, motor, kos, wyn en reis fokus.
  • Die Student is Netwerk24 se platform waar studente en jong werkendes onder meer gedigte en kreatiewe velde, foto-opstelle, resensies en meningstukke kan publiseer. Onderhoude en podsendings ook beskikbaar.
  • Stilet is die amptelike lyfblad van die Afrikaanse Letterkundevereniging (ALV). Die tydskrif word geheel gewy aan die wetenskaplike studie van die Afrikaanse literatuur in die vorm van navorsingsartikels, literêre analises, kommentaar oor aktuele literêre vraagstukke en ALV-kongresreferate.
  • Prokureur.co.za is ‘n gratis inligtingsbron (ook in Afrikaans) oor regskwessies vir lede van die publiek.
  • Honderde gedigte by avbobpoetry.co.za
  • Ink.org.za is n onafhanklike webtuiste – gemik op die bevordering van gehalte poësie en kortverhaalkuns in Afrikaans – waarop digters, skrywers en liriekskrywers hul werk kan publiseer.
  • Lalasini is ‘n gratis, trots Suid-Afrikaanse tweetalige aanlynpublikasie wat die vloei van KENNIS, KULTUUR & INNOVASIE bevorder deur ‘n kombinasie van interessante artikels en rubrieke vir die hele gesin.