Wêreldomgewingsmaand met spesiale opvoedkundige program gevier

by | Jun 23, 2021 | Afrikaans tuisblad, Argief

Só het ons wêreldomgewingsmaand gevier toe ’n groep van 97 leerders van Orleansvale Primêr skool in die Paarl die Afrikaanse Taalmonument op Vrydag, 11 Junie 2021 kom besoek het tydens ’n spesiale opvoedkundige program in samewerking met Working on Fire en Cape Nature.

As deel van Wêreldomgewingsmaand is 20 rooibosplante en ʼn inligtingstuk aan die Afrikaanse Taalmuseum en -monument geskenk. Dit val saam met die monument se Groen Galery-uitstalling wat oor die flora, insluitende medisinale plante, van hierdie unieke natuurpark handel. Sedert verlede maand erken die Europese Kommissie boonop amptelik Rooibos se plek van oorsprong. Nes Champagne en Port, mag die naam slegs gebruik word as die produk 100% rooibos is wat op ʼn sekere plek (in hierdie geval ʼn afgebakende streek in die Wes- en Noord-Kaap) verbou is.
Sien ook http://www.taalmuseum.co.za/wp-content/uploads/2021/06/groen-galery-plantegroei-2021-finaal-klein.pdf