Ter ere van Vrouemaand het die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) die afgelope Woensdag ʼn paar vroue met ʼn uitstappie na die monument bederf. Die 42 gaste het bestaan uit vroue van die Athlone House of Strength (ʼn skuiling vir slagoffers van gesinsgeweld) in die Paarl en die ATM asook die skenkers en mediavennote The Grapevine, Radio KC, Landskroon Wines, Paarl Post en Lu’s Guesthouse. Gaste is met sangitems deur die Paarlse Seridia Lee en Carl Hendricks vermaak en motiveringpraatjies is deur Nicoleen Jansen van die ATM asook Lee Jordan Jacobs, ’n Mnr. SA 2020 semi-finalis van die Paarl, gelewer.