Twinkl vestig aandag op Taalmonument vir leerders

by | Nov 22, 2021 | Afrikaans tuisblad, Algemene inligting, Argief

Die internasionale onderwys-hulpbron Twinkl vestig nou ook aandag op die Afrikaanse Taalmonument en -museum danksy Jozef Raczka se fokus op die Top Museums van Suid-Afrika. Die inhoud by www.twinkl.co.za/blog/twinkls-top-museums-of-south-africa is een van meer as ʼn halfmiljoen bronne wat aanlyn beskikbaar is. Twinkl is in 2010 gestig met die doel om diegene te help wat onderrig gee; hulle doen dit deur die verskaffing van hoë-gehalte, betroubare, digitale opvoedkundige materiaal wat deur onderwysers geskep word. Die artikel sal beskikbaar wees op Twinkl se 46 internasionale domeine, waartoe meer as 6 miljoen gebruikers elke maand toegang kry. Twinkl het ook ‘n wye verskeidenheid geskiedenisbronne op hul webwerf. Sien meer by www.twinkl.co.za waar heelwat inligting in vier Suid-Afrikaanse tale beskikbaar is.