Toerisme-netwerk by die Taalmonument

by | Sep 24, 2020 | Afrikaans tuisblad, Argief

In die aanloop tot die heropening van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) aan die publiek, het die instelling die afgelope week ‘n suksesvolle netwerksessie met verskeie rolspelers by die monument gehou. Die doel daarvan was om nuwe en bestaande verhoudings met toeroperateurs, gastehuise, mediavennote, borge en ander toerismeorganisasies te kweek en te versterk en om hande te vat rakende die toerismesektor tydens die Covid-19-pandemie. Die ATM het ook sy amptelike heropening op 1 Oktober 2020 en afslagtariewe aangekondig.

Die sessie het bestaan uit ‘n kort verwelkoming waarna Hybré van Niekerk van Paarl Historical Walk and Tours ’n kort erfenis-oorsig gegee het. Daarna is gaste op ’n begeleide toer van die monument geneem voordat geluktrekkings en verdere informele gesprekke plaasgevind het. Ons bedank almal vir hul bydraes asook die gemeenskap se volgehoue ondersteuning van die ATM.