Taalmonument ondersteun skool ter ere van Madiba

by | Jul 23, 2021 | Afrikaans tuisblad, Argief

Die personeel van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) het op Donderdag, 22 Julie 2021, besoek afgelê aan Rondeheuwel Primêr in Hermon. Ter ondersteuning van Nelson Mandeladag en -maand is rugsakke, lekkergoedpakkies en toiletware vir die 265 leerders gegee. Die skool omvat ongeveer 200 huishoudings – kospakkies is ook aan al die huisgesinne geskenk. Ons bedank graag die borge – Atlantic Trailers, Dot Pastries en Izembe Trading – vir hul gulhartige bydrae. Mandeladag word jaarliks op 18 Julie gevier en mense wêreldwyd word aangemoedig om op daardie dag #67minute ter wille van hul gemeenskappe te spandeer.