Soet Turkse geskenk vir Taalmuseum

by | Apr 11, 2018 | Afrikaans tuisblad, Archive, Argief

Halim Gençoglu skenking aan Taalmuseum 2018 (2)

Foto: v.l.n.r. dr. Halim Gençoĝlu, Chantelle de Kok (ATM kurator) en Michael Jonas (ATM direkteur)

Die Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl het onlangs ’n skenking van die Turkse historikus, dr. Halim Gençoĝlu, ontvang ter aanvulling van die museum se uitgebreide argivale materiaal. Gençoĝlu, wat in Ottomaanse geskiedenis spesialiseer, het ʼn kopie van sy tesis ‘ABU BAKR EFFENDI: A report on the activities and challenges of an Ottoman Muslim theologian in the Cape of Good Hope’ wat hy vir sy Meestersgraad aan die Universiteit van Kaapstad voltooi het, aan die direkteur en kurator oorhandig. Daarby het hy ook ʼn geskiedkundige pamflet en ʼn geraamde koerantberig oor Abu Bakr Effendi aan die museum geskenk. Effendi was een van die bekendste imams wat vroeg in die 1800’s Arabiese Afrikaans aan die Kaap help ontwikkel het. Gençoĝlu is al ʼn paar jaar lank verbonde aan die universiteit en het talle artikels oor Ottomaans-Afrika-verhoudings gepubliseer.

Halim Gençoglu skenking aan Taalmuseum 2018 (4)

Foto: v.l.n.r. Amira Brown (ATM geleentheids- en besoekersdienste koördineerder), dr. Halim Gençoĝlu en Chantelle de Kok (ATM kurator)

Halim Gençoglu skenking aan Taalmuseum 2018 (3)

Foto: Geraamde koerantberig oor Abu Bakr Effendi

Halim Gençoglu skenking aan Taalmuseum 2018 (1)

Foto: v.l.n.r. dr. Halim Gençoĝlu en Michael Jonas (ATM direkteur)