Die wenners van die interskole redenaarskompetisie wat vandeesmaand deur die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) asook Laerskool Paarl Gimnasium aangebied is, is voor vlnr Ezé Roberts van Paarl Meisieskool (2de), Hazel Marais van Laerskool Hugenote (wenner) en Gerrie van Deventer van Laerskool Paarl Gimnasium (3de). Agter vlnr is Mia du Preez, Susan Wüst, Marelize Meintjies (die beoordelaars) en Verinque Hendriks (ATM). Op die foto onder is nog van die deelnemers te sien. Baie geluk aan almal!