Protea Boekhuis artikel: Die storie van Afrikaans (Deel 1)

by | Jan 16, 2018 | Afrikaans tuisblad, Archive, Argief

Prof Wannie Carstens, tot onlangs ondervoorsitter van die ATM se raad, het pas ’n nuwe boek oor die onstaansgeskiedenis van Afrikaans saam met EH Raidt die lig laat sien. In Die Storie van Afrikaans (Deel 1) word opnuut gekyk na Afrikaans se veelkantige herkoms: die Europese geskiedenis van Afrikaans (grondig vernuwe en beduidend aangevul) én veral Afrikaans se Afrikaherkoms – oor die opbouproses sedert die 17de eeu om Afrikaans in 1925 as amptelike taal erken te kry, Afrikaans se ontwikkeling as volwaardige standaardtaal in die 20ste eeu en veral die aanneem van die funksies wat hiermee gepaard gaan, Afrikaans se ongelukkige apartheidsverlede en die bevrydings- en versoeningsprosesse wat hierna nodig was. Die wit verlede van Afrikaans word aangevul met die bruin en swart verlede sodat ʼn gedeelde verlede van die sprekers van Afrikaans na vore kom.