Die Taalmonument was op Dinsdag, 16 Julie, ʼn welkome eindpunt vir deelnemers aan die bergklim-uitdaging van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se nasionale padfietsrykampioenskappe 2019. Uit dank vir die polisielede se onbaatsugtige werk, het die monument die terrein gratis beskikbaar gestel vir hierdie geleentheid. Sowat 120 fietsryers van al nege provinsies en die SAPD se hoofkantoor neem deel aan die kampioenskappe, wat tussen 14 en 19 Julie in en om die Paarl plaasvind.