KULTUUR | STRUKTUUR | NATUUR | PLESIER

Afrikaanse Taalmuseum en -monument

KOM VIER EN VERKEN EEN VAN
AFRIKA SE JONGSTE TALE…

Welkom by die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) waar kultuur, struktuur, natuur en plesier hoogty vier!

Ons verbeeld die fassinerende skeppingsgeskiedenis van Afrikaans (van/behorende tot Afrika) wat as kontaktaal tussen drie kontinente se mense ontstaan en tot ’n gevorderde kommunikasiemiddel ontwikkel het.

Die monument, ’n simboliekbelaaide beeldhouwerk op Paarlberg, lok veral toeriste en leerders, ook vir die pragtige natuurskoon en uiteenlopende geleenthede.

Die lieflike museum in die dorp, in die gerestoureerde huis waar die GRA gestig is, het kontemporêre uitstallings oor onder meer Arabiese Afrikaans en die taal se musikale avontuur.

Dagboek van geleenthede

Ons visie is om voort te bou op ons dinamiese en inklusiewe aanslag met die oog daarop om die linguistiese diversiteit van Afrikaans uit te bou binne ‘n multikulturele samelewing.