Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument is oop vir besoekers, dus voel vry om saam met familie en vriende meer oor een van Afrika se jongste tale, Afrikaans, te wete te kom. Op hierdie heerlike herfsdae kan gaste boonop piekniek hou in die monument se pragtige tuine terwyl die kinders hulle in die speelparke vermaak. Tot 30 SEPTEMBER 2021 bied die Taalmonument gratis toegang aan kinders onder 18 en ʼn 20%-afslag op nuwe jaarpermitte. Vir meer inligting, sien www.taalmuseum.co.za/taalmonument-besoekersinligting/ en www.taalmuseum.co.za/covid-19 rakende ons Covid-19-protokolle.