In dieselfde jaar (1991) wat MICHAEL JONAS (direkteur) en SYBRANDUS ADEMA (kommunikasiebeampte) mekaar in ’n Stellenbosse Afrikaans-Nederlands-klas raakgestudeer het, het Max du Preez besoek afgelê by die Afrikaanse Taalmonument op Paarlberg. Intussen het die Vrye Weekblad “gesterf” en herleef, en het Michael en Sybrandus mekaar “verloor” en weer gevind – dié keer by die einste monument wat in 2020 45 jaar jonk is. Dié repliek op Max se skrywe is dalk laat, maar liewer laat as nooit.
Boonop het die jongste www.vryeweekblad.com nog ‘n artikel oor Afrikaanse taaltwiste geplaas, wat as volg begin:
Die lewe van die Afrikaanse Taalmonument sou nooit maklik wees nie: van konsepsie in 1942 tot geboorte in 1975 tot storm-en-drang-tienerskap tussen 1990 en 1994, en eindelik middeljarigheid in 2020, moes sy ’n swaar las dra. ’n Las wat ligter raak, reken MICHAEL JONAS en SYBRANDUS ADEMA, wat ’n paar taalswaeltjies op die horison gewaar.
As jy nie ingeteken is op die Vrye Weekblad nie, oorweeg dit gerus. Of vind PDF’s van hierdie 2 artikels via www.taalmuseum.co.za/artikels-bronne/