Nuwe direkteur vir ATM

by | Mei 25, 2016 | Afrikaans tuisblad, Archive, Argief

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) kondig met trots die aanstelling van mnr Michael Jonas as direkteur aan.

Mnr Jonas het oor die afgelope twintig jaar verskeie sleutelrolle by die Wes-Kaapse Museumdienste vervul, waaronder hoof van opvoedkundige en openbare programme en waarnemende assistent-direkteur. Hy is sedert 2014 bestuurder van Paarl Museum en beskik oor ‘n Meestersgraad in Museum- en Erfenisstudies.

direkteur ATM 2016 mnr michael jonas web

Mnr Jonas sê hy is baie opgewonde oor sy toekomstige betrokkenheid by die ATM, ‘n agentskap van die nasionale departement van kuns en kultuur. Hy neem op 1 Junie 2016 die leisels oor by mnr Jack Louw, wat die laaste 18 jaar as direkteur by die ATM werksaam was.

direkteur ATM 2016 mnr michael jonas (5) web

Die Raad van die ATM glo dat mnr Jonas se ondervinding, kennis en visie van onskatbare waarde sal wees om die museum én monument se visie en missie verder uit te bou en wens hom alle sterkte toe.

Vir meer inligting, kontak die ATM by 021 872 3441 of admin@taalmuseum.co.za.