‘n Perfekte pluimpie aan ons parate Paarlse personeel

by | Feb 12, 2019 | Afrikaans tuisblad, Argief


Hiermee ʼn pluimpie en dankie aan mnr Thomas du Plessis (die Afrikaanse Taalmonument se toegangsbeheerbeampte) vir sy vriendelike ontvangs en diens aan die Paarl se gemeenskap. Dankie vir sy tyd, geduld en vriendelikheid om my dogter, Bianca, te help met haar taak wat handel oor die Paarlse geskiedenis.

Hy is beslis ʼn aanwins vir ons dorp en ons salueer hom vir sy onbaatsugtige liefde en tyd. Wat ʼn voorreg om met hom te gesels! Ons het baie meer gekry as wat ons voor gehoop het! Ons wens hom alle voorspoed toe vir sy toekoms.

Dankie weereens, Benita en Bianca Fourie
(Brief van besoeker)