Die Taalmonument is as agtergrond gebruik in die eksperimentele kortfilm PURITY, geskep deur die Franse filmmakers Joaquim Bayle en Nicolas Decatoire. Die podiumsnit (performance clip) se konsep handel oor die paradoks van die menslike bestaan se vrees vir die lewe en doodgaan, gewortel in ons persepsie van tyd. Die danser Kaylin Coetzee beeld die mens se wil om te leef (of nie) simbolies uit in ’n tweeledige draaiboek, wat hier gesien kan word. (Die deel met die monument begin ná ‘n minuut.) ‘n Artikel oor die kortfilm het ook op Klyntji verskyn , wat hier gelees kan word. ‘Ons Klyntji’ is die eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, gestig in die jaar 1896. Dit was ’n anti-apartheid zine in die 1990’s. Klyntji.com, afstammeling van die oorspronklike tydskrif, is in 2014 op die been gebring as ’n onafhanklike publikasie wat fokus op diverse en vooruitstrewende kuns en kultuur.