Museumdag en naamsveranderinge

by | Jun 1, 2022 | Video

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) het op 28 Mei 2022 Internasionale Museumdag in die Paarl se historiese Strooidakkerksaal gevier deur middel van ʼn lesing en die geleentheid vir belanghebbendes om hul insette oor ʼn moontlike naamsverandering vir die instelling te gee. Beverley Thomas, hoof van Amazwi (die voormalige Engelse Literêre Museum) het die hoofrede onder die vaandel van “Die mag van museums” gelewer oor onder meer hoe haar instelling hul naamsverandering en nuwe mandaat aangepak het. Sy het ook op die verskille en ooreenkomste tussen Amazwi en die ATM uitgewei. Daarna het lede van die gehoor, wat van verskeie provinsies in die land spesiaal vir die geleentheid gekom het, hul insette en menings oor ʼn moontlike naamsverandering gegee. Die oorgrote meerderheid was ten gunste daarvan om die huidige naam te behou. Die bestuur en raadslede wat die verrigtinge bygewoon het, is dankbaar vir die belangstelling.