Museum wys nou haar ware kleure

by | Apr 12, 2018 | Afrikaans tuisblad, Archive, Argief

Afrikaanse Taalmuseum gebruik

Foto: Afrikaanse Taalmuseum se nuwe kleur

Die Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl spog met ’n nuwe kleurblaadjie danksy die Departement van Kuns en Kultuur wat fondse beskikbaar gestel het en om die gebou te verf. Die kleure is histories korrek, naamlik grys vir die dak en groen vir die spesifieke houtwerk. Die houtwerk vooraan die museum is weer vernis en herstel terwyl die mure met wit kalk geverf is soos in die ou dae. Die gebou is omtrent 12 jaar laas geverf en die kleure het begin vervaag, maar die statige dame lyk nou weer stralend. Kom kyk gerus self en sien sommer wat die pragtige museum als aan te bied het. www.taalmuseum.co.za

Die Afrikaanse Taalmuseum

Foto: Afrikaanse Taalmuseum