Muratho artikel: Taalmonument

by | Apr 16, 2018 | Afrikaans tuisblad, Algemene inligting, Archive, Argief

Taalmonument klein

Die Afrikaanse Taalmonument pryk op die voorblad van die jongste uitgawe van ‘Muratho’, die joernaal van die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut (SAVI). Die uitgawe is grootliks gewy aan Afrikaans se ontstaan, literêre kwessies, die taalmonument en -museum asook die groei van die Afrikaanse media. Taalgebruiksgidse soos ‘Afrikaansgids’ en ‘Norme vir Afrikaans’ word ook bespreek.  ‘Muratho’ (wat ‘brug’ in Venda beteken) is hier beskikbaar. SAVI is ʼn professionele organisasie vir taalpraktisyns in Suid-Afrika. Alle vertalers, tolke, teksredigeerders, proeflesers, teksresensente, terminoloë, kopieskrywers en enigiemand wat by die taalbedryf betrokke is, kan aansluit. www.translators.org.za