Likkewaan in die gang

by | Sep 21, 2020 | Afrikaans tuisblad, Algemene inligting, Argief

In die 1890’s het Gideon Malherbe en ds SJ du Toit op ʼn jagekspedisie na die destydse Rhodesië tot sover as die Groot Zimbabwe-ruïnes gegaan. Hulle het ʼn likkewaan saamgebring wat opgestop is en vir jare bo die eetkamerdeur in die portaal gehang het tot Malherbe se dood in 1921. Sy seun Gideon Jozua het toe die likkewaan gekry, maar het dit later verbrand omdat dit vol insekte was. Die likkewaan (Veranum escanthematicus) wat tans in die portaal van die Afrikaanse Taalmuseum hang, is deur die Departement Natuurbewaring in Stellenbosch geskenk.