Die jaarlikse Interskole Redenaarskompetisie wat aangebied word deur Laerskool Paarl Gimnasium, die Afrikaanse Taalmuseum en –monument en die Afrikaanse Onderwysnetwerk het plaasgevind op Dinsdag, 12 April. Daar was 11 deelnemende skole (Courtrai, Stellenbosch, Primêre Seunskool, Meisieskool, Hugenote, Eikestad, Ruens Kollege, Gericke, La Rochelle, Worcester Primêr en Gimnasium), wat elkeen twee graad 6/7-leerlinge kon inskryf. Slegs onvoorbereide toesprake is gelewer en beoordeel.
Top 3 wenners:
🏆1️⃣ Lumari Carstens – Paarl Meisieskool (1ste plek)
🏆2️⃣ Amelia Minnaar – Laerskool Paarl Gimnasium (2de plek)
🏆3️⃣ Marike Duvenage – Laerskool Hugenote (3de plek)