Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) het ʼn luisterryke Internasionale Museumdag op Saterdag, 18 Mei 2019, in die Paarl se ikoniese Toringkerk gevier deur erkenning aan Suid-Afrika se musikale rykdom – van rieldans en klopse tot tradisionele Xhosa-danse en ballet – te gee. Vanjaar se Museumdag-tema was ‘Museums as kulturele kerns: die toekoms van tradisies’; derhalwe het die geleentheid gefokus op die rol van museums om as ruimtes te dien waarin tradisies bewaar, beleef en omvorm kan word. Die groepe wat deel geneem het was Hotshot Panthers (klopse), Boland Vastrappers (rieldans), Ulrich Benting & Myrchelle Williams (Latyns-Amerikaans), Infinite Achievers se Fabia & Aldan (baldans), Diversity (hip-hop), Triple A se Portia Adams, Mia Adendorff & Danike Adams (ballet), Bootscooters (lyndans), The Beats (kwaito) asook Dalubuhle Primêr (Xhosa- en gumboot-danse).