Sowat 2 000 mense het die afgelope Sondag, 1 September 2019, ‘n gesamentlike kerkdiens in die Taalmonument se Amfiteater bygewoon. Hierdie geleentheid, wat verlede jaar vir die eerste keer gehou is, word deur ‘B2G’ (Better Together) aangebied en behels dat verskeie gemeentes en kerke in Paarl hande vat om een groot erediens te hou. ‘n Kort video hieroor is ook beskikbaar op ons YouTube-kanaal.
[Die Amfiteater is beskikbaar vir geleenthede – kontak ons via taalmonument.co.za vir navrae.]