Fotografie-afrigter Peter Haarhoff en die Afrikaanse Taalmonument (ATM) het ʼn gevorderde fotografiekursus op Vrydag, 8 Oktober 2021, aangebied. Hierdie tweetalige kursus was bygewoon deur 18 deelnemers. Deelnemers het geleer hoe om foto’s te neem wat uitstaan deur meer komplekse kamerategnieke te ondersoek en nuwe denke op die fotografiese proses toe te pas. Hulle het ook die balans tussen die tegniese en skeppende aspekte van fotografie verfyn tydens hierdie aangename en praktiese kursus.Die kursus het vanaf 09:00 tot 16:00 plaasgevind, wat ook ʼn gratis besoek aan die monument asook koffie/tee, soetgoed en ʼn heerlike middagete in gesluit het.