Draf-draf vir ‘n goeie saak

by | Des 11, 2019 | Afrikaans tuisblad|Argief | 0 comments


Die gewilde Aandwedloop ten bate van die Boland Skool vir Outisme het weer verlede week by die Taalmonument plaasgevind. Daar was ’n totaal van 621 inskrywings, waarvan 356 vir die 10km en 265 vir die 5km. Baie dankie aan almal en geluk aan die wenners! Ons hoop om selfs meer mense volgende jaar by hierdie geleentheid, bekend om die lekker gees, te sien. www.taalmonument.co.za