Dit is met groot hartseer dat die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) bekendmaak dat sy raadslid dr William Langeveldt op Woensdag, 11 Januarie 2023, oorlede is.
Dr Langeveldt het sedert 1 Desember 2017 op die ATM-raad gedien. Hy was met sy afsterwe vir ’n tweede termyn (2021–2023) op die raad.
Dr Langeveldt het ʼn doktorsgraad in filosofie in die VSA verwerf en was ʼn Khoe-San-aktivis wat die uitdagings van Suider-Afrika se eerste mense plaaslik en oorsee uitgelig het. Hy het by skole klasgegee, by verskeie tersiêre instellings doseer en op talle kulturele en taalrade gedien, asook in regeringsliggame wat die regte in dié verband bevorder.
Die ATM-raad, bestuur en personeel spreek hul innige simpatie en meegevoel uit teenoor dr Langeveldt se vrou, Ann, en al sy geliefdes en vriende.
Uitgereik deur:
Adv Jean Meiring, voorsitter van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument