Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se webtuiste het pas ‘n mylpaal van 300 000 bladkyke verbygesteek! Die bladkyke is vanaf September 2018 (nadat die webtuiste uitgebrei is) en sluit die eerste paar maande van die Covid-19-pandemie uit (toe die statistiek-sagteware ook knieserig was).
‘n Paar interessante feite:
Byna 150 000 besoeke(rs) oor die tydperk
Besigste dag was 19 Mei 2022 met byna 1 100 bladkyke (toe daar sprake was van ‘n naamsverandering vir die ATM)
523 plasings is gedoen
Soekenjins, Facebook, mieliestronk.com en wikipedia is die grootste paaie wat na die ATM se webtuiste lei.
Lande waarvandaan mense na die webtuiste kyk is uiteraard Suid-Afrika (byna 250 000 bladkyke), gevolg deur die VSA, VK, Duitsland, Nederland, België, Namibië, Ierland, Frankryk, Australië en Kanada. Maar daar is vanuit byna elke land op die planeet toegang tot die webtuiste verkry.
Die mees besoekte bladsy is besoekersinligting in Afrikaans en Engels asook die simboliek van die Taalmonument in Afrikaans.
Ons Facebookblad bereik ook honderde duisende mense, met die volgelinge wat tot 26 430 gegroei het. Opmerklik is dat baie meer vrouens as mans die ATM op sosiale media volg en met ‘n ‘hou van’ op ons plasings reageer.
* Dankie aan almal se belangstelling en steun. Sien taalmonument.co.za vir die jongste inligting oor eersdaagse geleenthede, navorsing, besoekersinligting, Afrikaans, veeltaligheid, ons visie en missie asook jaarverslae.