Op 18 Augustus 2023 het ’n fassinerende en insiggewende paneelbespreking by die Afrikaanse Taalmonument plaasgevind met die tema ‘Taalbeplanning en taalherlewing in Afrikaans’ waarvan ‘n opname nou aanlyn beskikbaar is. Die paneel – bestaande uit Marius Swart (Universiteit Stellenbosch), Chareldine van der Merwe (Vriende van Afrikaans), Donovan Lawrence (Universiteit van Wes-Kaapland) en Mogamat Alexander (skrywer en erfenisaktivis) – het onder meer oor die groter erkenning van Afrikaans se ryk variëteite, taalburgerskap en taalpolitiek gesels. Die tientalle gaste het ook kommentaar gelewer en voorstelle gedoen.
Kyk en luister daarna op die ATM se YouTube-kanaal by youtu.be/RewawaVdGVI