‘n Groot eer het die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) te beurt geval deurdat die Suid-Afrikaanse Museumsvereniging (SAMA) hul 2017 Toekenning vir Publikasie-ontwerp (Kategorie A) aan die instansie toegeken het. Die ATM se opvoedkundige beampte, Janine Brown, en geleentheids- en kommunikasie assistent, Jeffrey Pietersen, was verantwoordelik vir die inskrywing van ’n tweetalige inligtingsboekie oor die geskiedenis van die Afrikaanse Taalmonument op Paarlberg. Hier verskyn hulle weerskante van die ATM direkteur, Michael Jonas. Die boekie is elektronies beskikbaar by https://www.taalmuseum.co.za/van-konsep-tot-gestalte/