’n Groep van 15 entoesiastiese deelnemers het onlangs ’n inleidende boekherstelwerkkursus by die Afrikaanse Taalmonument voltooi. Die tweetalige driedagkursus was aangebied deur boekherstelspesialis George Wentzel. Deelnemers het na afloop van die werkswinkel gespog met drie boeke, wat hulle self gemaak het tydens die kursus. Van 27 tot 29 September vanjaar bied hy ook ‘n gevorderde kursus by die ATM aan.