As dit boomskraap met die omgewing gaan…

by | Aug 14, 2019 | Afrikaans tuisblad, Argief, Eersdaagse geleenthede

is dit tyd om nog baie bome te plant!

Ter viering van Nasionale Boomplantmaand, bied die Afrikaanse Taalmonument weereens op Dinsdag, 3 September 2019, ‘n  prettige opvoedkundige program vir laerskole, in samewerking met en gelei deur CapeNature, aan. Die doel van die dag is om die belangrikheid van bome en die ekosisteem aan leerders bekend te stel, en om veral te kyk na die mens se verhouding met die natuur.

Die Afrikaanse Taalmonument, geleë teen die hange van Paarlberg, is die grootste van die vele taalmonumente in Suid-Afrika wat die ontstaan, voortbestaan en diversiteit van Afrikaans uitbeeld. Ons opvoedkundige programme, ter aanvulling van die nasionale skoolleerplanne, is opgestel om leerders in te lig dat Afrikaans inderdaad ‘n lewende, groeiende taal is wat deurgaans in ‘n toestand van ontwikkeling en aanpassing by die eietydse wêreld verkeer. Leerders maak ook verder kennis met die diverse plantegroei rondom die Taalmonument en kan ‘n ekologiese ontdekkingsreis meemaak.

Sien www.taalmonument.co.za vir meer inligting of kontak Janine Brown, opvoedkundige beampte, op 021 872 3441 of opvoeding@taalmuseum.co.za

Skakeling met die Nasionale Kurrikulumverklaring:

Kwartaal Leerarea Fokus
3 Sosiale Wetenskap (Geskiedenis) Demokrasie en burgerskap
(Goeie burgerskap en nasionale simbole)
3 Sosiale Wetenskap (Geologie) Klimaat en plantegroei regoor die wêreld
4 Lewensoriëntering Vier nasionale en internasionale dae
Gesondheid en omgewingsverantwoordelikheid