Afrikadag 2019

by | Mei 28, 2019 | Afrikaans tuisblad, Argief

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument het weer opnuut klem gelê op die Afrika in Afrika(ans) tydens die vieringe van Afrikadag op Saterdag, 25 Mei 2019. Om 12uur was die Afrika Unie se amptelike lied gespeel en vlag gehys om die verrigtinge mee af te skop. Daarna het ʼn gratis begeleide toer van die monument gefokus op die taal se Afrika-wortels en Afrikaans se invloed op ander Afrikatale. Die iThemba Ensemble Marimba-groep en Voce Armoniche-koor het betowerende Afrikaliedere opgevoer, wat groot aftrek onder meer ’n plaaslike jeuggroep en groep senior burgers gekry het. Die besoekers het ook ’n heerlike ete genuttig. Ons maak weer só in 2020!