Afrikaans: Waarheid en versoening onder een DAK

by | Apr 4, 2019 | Afrikaans tuisblad, Algemene inligting, Argief


Die DAK-Netwerk – onlangs opgerig om ʼn strukturele grondslag te verskaf vir die ontwikkeling van Afrikaanse gemeenskappe wat voorheen benadeel is – het die afgelope naweek ‘n hoogs suksesvolle konferensie in Kaapstad gehou. DAK is na drie Khoisan-ikone vernoem –  Doman, Autshomao en Krotoa – en  gebruik ook drie pilare – identiteit, maatskaplike bemagtiging en ekonomiese bemagtiging – om ’n platform en ’n stem aan die breë Afrikaanssprekende gemeenskap te gee. Van die sprekers se uiters interessante voorleggings oor die waarheid oor Afrikaans asook versoening is hier beskikbaar op die ATM se webtuiste. Lees meer oor die konferensie by LitNet en oor DAK op hul webtuiste hier.